Tech/News/2023/39
Appearance
Die weeklikse tegnologie nuus help om jou op hoog te te hou van onlangse tegniese aanwysigings wat 'n invloed op jou kan hê met die daaglikse gebruik van Wikimedia. sluitaan, dra by, en gee terugvoering.
vorige | 2023, week 39 (Maandag 25 September 2023) | volgende |
Tegniese Nuus: 2023-39
Jongste tegnologie nuus van die Wikimedia tegniese gemeenskap. Vertel asseblief ander gebruikers van hierdie veranderinge. Nie alle veranderinge sal jou beïnvloed nie. Vertalings is beskikbaar.
Onlangse veranderings
- Die Vector 2022-vel sal nou die vasgespelde/losgespelde status vir die Inhoudsopgawe onthou vir alle uitgetekende gebruikers. [1]
Veranderinge later hierdie week
- Die nuwe weergawe van MediaWiki sal op toetswikis en MediaWiki.org verskyn vanaf 26 September. Dit sal op nie-Wikipedia-wiki's en sommige Wikipedias van 27 September wees. Dit is op alle wikis verskyn vanaf 28 September (kalender).
- Die ResourceLoader
mediawiki.ui
modules is nou verouderd as deel van die skuif na Vue.js en Codex. Daar is 'n gids vir migrasie van MediaWiki UI na Codex vir enige gereedskap wat dit gebruik. Meer besonderhede is beskikbaar in die taak en jou vrae is welkom daar. - Gadget definisies sal 'n nuwe "naamruimte" opsie hê. Die opsie neem 'n lys van naamruimte ID's. Gadgets wat hierdie opsie gebruik, sal slegs op bladsye in die gegewe naamruimtes gelaai word.
Toekomstige veranderinge
- Nuwe veranderlikes sal bygevoeg word aan MisbruikFilter:
global_account_groups
englobal_account_editcount
. Hulle is slegs beskikbaar wanneer 'n rekening geskep word. Jy kan dit gebruik om te voorkom dat die outomatiese skepping van rekeninge geblokkeer word wanneer gebruikers met baie wysigings elders jou wiki vir die eerste keer besoek. [2][3]
Vergaderings
- Jy kan by die volgende vergadering met die Wikipedia mobiele toep-span aansluit. Gedurende die vergadering sal ons die huidige kenmerke en toekomstige padkaart bespreek. Die vergadering vind op 27 Oktober om 17:00 (UTC) plaas. Sien besonderhede en hoe om aan te sluit.
Tegniese nuus voorberei deur Tegniese nuus skrywers en geplaas deur bot • Dra by • Vertaal • Kry hulp • Gee terugvoering • Teken in of teken uit.